首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
     


Erotiek,religie en geweld: die eksessiewe in Peter Shaffer se Equus
Authors:Lizette Potgieter
Affiliation:Departement Godsdienswetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Posbus 392, Pretoria 0003, Suid-Afrika
Abstract:Abstract

Die artikel voer aan dat die eroties-oordadige wat vir George Bataille 'n religieuse aangeleentheid was maar ook setel in die domein van geweld, 'n gepaste teoretiese agtergrond verskaf waarteen Peter Shaffer se Equus (1977) gelees kan word, 'n drama wat onmiddellik opval vanweë die vermenging van die erotiese, passievolle aanbidding en geweldadige vernietiging. Daar sal aangetoon word dat die oordadige, die nuttelose en die oortollige eienskappe is van Bataille se religio-erotiese aangeleentheid waarmee hy deurentyd poog om die dubbele negatief van Hegel te ontkom deur die grense van sinteses te verbreek. Of die grense van sinteses wel suksesvol verbreek word, is dit noodsaaklik om Bataille se begrip van die diskontinue en die kontinue, die profane en die heilige, die orgie en offering te ondersoek. Deur hierdie konsepte toe te pas op Equus kom die karakters Dysart, Frank, en Dora voor as diskontinue wesens van die profane wêreld en Alan as die kontinue wese wat eksessief en geweldadig leef. Mikhail Bakhtin se analise van François Rabelais se wêreld van die populêre Middeleeuse karnaval waar oordaad, feesviering, gelag en omkering van orde prominent figureer, word ter aansluiting gebruik met Bataille se teorie en dien as ondersteuning met die lees van Equus.
Keywords:
设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号